(sowat 300ml)

  • 30ml rooiwyn-asyn
  • 5ml mosterd
  • 1 suurlemoen se sap en skil
  • 2 eiergele
  • 250g botter, gesmelt
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Sit 'n glasbak oor 'n kastrol kookwater. Plaas asyn, mosterd, skil en suurlemoensap in die bak. Klits goed met 'n draadklitser. Voeg eiergele by en klits vir sowat 5 minute tot dik en skuimerig. Verwyder kastrol van hitte, maar los die bak bo die water. Terwyl jy met jou een hand klits, gooi jy die botter stadig by. (Of maak dit makliker, vra hulp.) Hou aan met klits totdat die mengsel
dik en romerig raak. Geur goed met sout en peper