• sowat 1,5 kg beesfilet
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 50 ml olyfolie
  • 10 ml swartpeperkorrels
  • 200 g pistasieneute, grofgekap
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 hande vol vars pietersielie, fyngekap
  • sowat 20 grasuie (chives), fyngekap
  • sout na smaak
  • 30 ml olyfolie

Verhit jou oond tot 180 ºC. Geur filet met sout en swartpeper. Verhit 50 ml olyfolie in ’n swaarboompan. Braai filet weerskante tot net bruin en geseël. Dit moenie langer as 5 minute duur nie, want die filet word in jou oond gaargemaak. Plaas filet op ’n bakplaat of in ’n oondbak. (Daardie swart oondbakke wat saam met die oond kom, werk die beste.) Kap die peperkorrels in ’n stamper en vysel fyn. Meng peper met die pistasieneute, knoffel, pietersielie en grasuie. Geur met sout. Pak mengsel bo-op filet en druk dit styf vas. Dit moet soos ’n kors lyk. Sprinkel 30 ml olyfolie oor die kors. Plaas in die warm oond. Sit voor saam met aartappels gebak in room.

Wenk vir sappige filet
Vir elke 500 g rooster jy die filet vir 15 minute plus ’n ekstra 15 minute. M.a.w. as jou filet 1,5 kg weeg, sal jy dit vir 45 minute plus 15 minute rooster. Haal uit die oond en laat rus vir minstens 10 minute voor jy die vleis sny.

Aartappels gebak in room

  • 8 aartappels, geskil
  • sowat 15 ml botter
  • 500 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 180 ºC. Sny aartappels in dun skywe. Smeer ’n oondbak met die botter. Plaas aartappels in lae in die oondbak. Geur met sout en swartpeper tussen lae. Gooi room oor en plaas in warm oond. Bak aartappels vir sowat 1 uur tot sag. Sny ’n vierkant uit van die aartappels en sit voor saam met filetskywe bo-op.

Maak 'n 3-gang-spyskaart:

Voorgereg: Slaai met warm groenbone en camembert-kaas
Hoofgereg: Beesfilet met pistasieneute
Nagereg: Warm sjokolade-tert