(6 porsies)

  • 100 ml olyfolie
  • hand vol vars kruie van jou keuse, fyngekap
  • 5knoffelhuisies, gekap
  • 100 ml rooiwyn
  • 1 kg beesfilet
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Sous

  • 45ml olyfolie
  • 2knoffelhuisies, gekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 400 g gemengde sampioene
  • 50ml brandewyn
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Meng olyfolie, kruie, knoffel en rooiwyn. Marineer filet oornag in die mengsel. Geur goed met sout en swartpeper.Braai filet stadig oor matige kole - sowat 15 minute aan 'n kant vir medium-gaar of langer as jy dit gaarder verkies. Haal van hitte af en laat rus in skoon bak. Maak sous deur olyfolie in 'n mediumgroot pot te verhit. Voeg knoffel en ui by.Braai liggies vir sowat 5minute of tot begin verkleur. Voeg sampioene by en braai verder vir 5 - 8 minute of tot goudbruin en gaar.Gooi brandewyn by en laat wegkook. Voeg room by en verlaag hitte.Laat stadig prut tot vloeistof met helfte verminder, sowat 10 - 12minute. Geur goed met sout en swartpeper. Sit filet voor saam met sampioensous.