(genoeg vir 8)

  • 12 groot bete van jou keuse
  • 60 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 x 80 g-crottin-bokmelkkase
  • 100 g mikrokruie
  • 80 g slaaiblare van jou keuse
  • 12 baba-radyse sous
  • 50 ml rooiwynasyn
  • 1 stuk duimgroot vars gemmer, fyngerasper
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 80 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Skil beet en plaas op bakplaat. Sprinkel olyfolie oor en geur goed met sout en swartpeper. Bak vir 25 – 30 minute of tot gaar. Laat afkoel tot koud. Gebruik ’n skerp mes en sny in papierdun skywe of kwarte. Sny kaas oorlangs in die helfte en plaas op bakplaat met gesnyde kant na bo. Bak vir 5 – 8 minute of tot begin smelt. Pak mikrokruie, slaaiblare en radyse in opdienbak en plaas gaar beet en gebakte kaas bo-op. Sous Meng al die sousbestanddele goed met draadklitser. Sprinkel oor slaai. Geur met sout en peper. Sit voor.