Hierdie beetkoek is amper soos 'n rooi fluweelkoek waar hulle rooi voedselkleursel gebruik vir die dieprooi-kleur. As jy dit nie wil insit nie, kan jy dit ook uitlos.

Basisresep

Met hierdie resep kan jy 5 verskillende groentekoeke maak (sien hieronder).

  • 420 g (750 ml) bruismeel
  • 15 ml koeksoda
  •  1 ml sout
  • 250 ml sonneblomolie
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 4 eiers

Verhit oond tot 180ºC. Sifmeel, koeksoda en sout saam. Meng olie, suiker en eiers. Voeg oliemengsel by droë bestanddele en meng goed. Volg verder jou gekose variasie (onder) se metode.Al die koeke word in 'n standaardgrootte losboom-ringpan (20 x 18 cm) gebak.

Beetkoek

Dis byna iets soos rooi fluweelkoek.

(6 - 8 porsies)

  • 5 ml fyn kaneel
  • 1 ml fyn neut
  • 500 ml beet, geskil en gerasper
  • 250 ml wortel, gerasper
  • 150 ml melk
  • 100 g pekanneute, gekap
  • 1 botteltjie rooi voedselkleursel
Bolaag
  • 250 g gladde maaskaas
  • sap en geel skil van 2 suurlemoene
  • 80 ml kondensmelk
  • vars bessies van jou keuse
Vou kaneel, neut, beet, wortel, melk, neute en rooi voedselkleursel by basisresep in. Spuit 'n losboom-ringkoekpan met kleefwerende sproei. Gooi beslag in die pan en bak vir 35 - 40 minute of totdat 'n toetspen skoon uitkom. Keer uit op 'n draadrak en laat afkoel. Meng bestanddele vir bolaag saam (behalwe bessies). Skep oor afgekoelde koek en sit voor.
Patat-en-sjokoladekoek
Witwortel-en-witsjokoladekoek
Piesang-en-gemengde-neutekoek
Pynappel-wortelkoek