(4 porsies)

Bereiding 10 minute

  • 250 g frambose
  • 15 ml sjerrie
  • 30 ml strooisuiker
  • 300 ml room
  • 8 meringues, grof gebreek

Druk die helfte van die frambose fyn met ’n vurk. Voeg sjerrie en strooisuiker by. Klop room styf en voeg die gebreekte meringues by. Verdeel die fyngemaakte frambose in jou opdienbakkies. Skep die meringue bo-op en versier met die res van die frambose.