4 porsies

• 500 ml Bulgaarse jogurt

• 210 g hawermout

• 2 groenappels, gerasper

• 100 g gemengde neute, grofgekap

• 80 ml heuning

• 1 appel, in skyfies gesny

Meng jogurt, hawermout, gerasperde appels en neute goed. Plaas in yskas en laat rus vir sowat 2 uur. Verdeel tussen houers wat jy kan inpak vir saamry. Gooi heuning oor en geniet saam met gesnyde appels of enige ander vrugte van jou keuse.