(6 porsies)

  • 120 ml melk
  • 20 g botter
  • 200 g 70%-donkersjokolade, fyngekap
  • 4 groot eiers, geskei
  • 100 g strooisuiker
  • versiersuiker vir oorsif

Verhit oond tot 180 °C.

Bring melk en botter tot kookpunt. Gooi bo-oor gekapte sjokolade en roer tot gladde mengsel. Voeg eiergele by en meng goed met draadklitser. Klits eierwitte tot stywe punte vorm, en gooi strooisuiker dan stadig by terwyl jy aanhou klits tot blink en styf. Vou eierwitmengsel by sjokolademengsel in. Verdeel mengsel tussen 6 oondvaste koppies. Plaas op bakplaat in warm oond. Bak vir 25 – 30 minute of tot opgepof en gaar.

Sif versiersuiker oor.

Sit warm voor met roomys en sjokoladesous van jou keuse.

Wenk

Gebruik ’n metaallepel met ’n skerp rand om meringue in te vou. Dit keer dat te veel lug tydens die invouproses verlore gaan.