4 porsies

  • 50 g dun groenbone
  • 2 gerookte hoender-borsies, in repe gesny
  • 20 ml mayonnaise
  • sout en varsgemaaldeswartpeper na smaak
  • 1 kop langblaarslaai (cos lettuce)
  • boontjiespruite
  • sowat 16 sprietuie

Bring ’n kastrol met water tot kookpunt. Dompel bone daarin en kook tot sag, maar steeds effens bros. Dreineer. Meng hoender-repe en mayonnaise en geur met sout en swartpeper. Neem een groot slaaiblaar en plaas groenbone, hoender, spruite en sprietuie daarop. Draai toe en eet dadelik.

Om te drink
Aangesien die vulsel so gesond is, kies Twee Jonge Gezellen se T.J. Light.