(sowat 30 blini)

  • 1 pakkie (10 g) kits-suurdeeg
  • 125 ml warm water
  • 250 ml melk
  • 375 ml meel
  • 3 eiergele
  • knippie sout
  • knippie suiker
  • 90 ml gesmelte botter
  • 3 eierwitte
  • 30 g botter

Plaas die suurdeeg, water, melk, meel, eiergele, sout, suiker en gesmelte botter saam in ’n bak. Klits met ’n elektriese menger vir minstens 1 minuut tot alles goed gemeng is. Maak toe met kleefplastiek en laat vir minstens 1 uur op ’n warm plek rys. Klits die eierwitte styf en vou in die meelmengsel in. Smelt die 30 g botter. Verhit ’n groot pan en smeer die pan met die gesmelte botter. Skep lepelsvol van die beslag in. Braai weerskante tot mooi bruin. Hou warm terwyl jy die res braai. Bedien die blini in ’n groot bak sodat elke persoon self kan besluit wat om bo-op te sit.


Sit voor saam met die blini
Crème fraîche, gerookte salm en gestoomde, vars aspersies. Skep ’n bietjie crème fraîche bo-op elke blini, of vars aspersies of gerookte salm.