GENOEG VIR 4

• 500 g blomkoolstukke

• 45 ml kanola-olie

• 30 ml heel komynsaad

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 50 ml olyfolie

• 45 ml sjerrieasyn

• 30 ml korrelmosterd

• 45 ml heuning

• 1brandrissie, baie fyn gekap

• 50g rosyntjies

• 100 g gevlokte amandels

• 1x80 g-sak baba-spinasie

• 140 g suikerertjies (sugar snaps)

Verhit oond tot 180 °C. Plaas blomkool in oondbraaibak en sprinkel kanola-olie, komyn, sout en peper oor. Oondbraai 15 – 20 minute oop of tot blomkool goudbruin en gaar is. Terwyl blomkool in oond is, meng olyfolie, asyn, mosterd, heuning en brandrissie saam met draadklitser om marinade te maak. Plaas warm blomkool, rosyntjies, amandels, spinasie en suikerertjies in groot slaaibak. Skep marinade oor en meng deur met twee groot opskeplepels tot alles met sous bedek is. Sit voor.