Swart, melkerig, mokka- of vanieljegeur ... hoe jy ook al van jou koffie hou, bied vida e caffè nou 'n verfrissende oplossing vir die somer met hul splinternuwe koudgebroude koffiedrankies. 

Wat maak koudgebroude koffie so spesiaal? Die proses natuurlik! Dit behels dat die koffiebone vir 'n langer tyd in kouer water geweek word voordat dit druppel vir druppel gefiltreer word. Dis 'n tydsame proses: By vida e caffè word die bone 18 uur lank in die water gelos voordat die mengsel twee keer gefiltreer word. Die resultaat is 'n gladder koffie met 'n unieke romerige smaak. Die geur is minder vrank en effens soeter as met die konvensionele broumetode.

Koue koffie is nie net 'n verfrissende plaasvervanger vir gewone koffie nie, maar jy kan dit ook in kosresepte gebruik. Probeer dié heerlike resepte van vida e caffè:

Mokkakoffie-panna cotta  

Bestanddele

  • 1 x 280 ml vida e caffè- koue koffiedrankie in mokkageur
  • 2 x gelatienvelletjies
  • 45 ml water
  • sjokoladeskaafsels, geklopte klapperroom of geroosterde klappervlokkies, vir versiering

Metode

Plaas die gelatienvelletjies in 'n bakkie en voeg die water by. Laat week vir 3-4 minute tot sag. Verwyder die gelatien uit die water en plaas in 'n kastrol met die koue mokkakoffie. Laat prut oor lae hitte tot die gelatien oplos terwyl jy gereeld roer. Giet in ramekins. Plaas in yskas vir 4 uur tot gestol. Versier met sjokoladeskaafsels, geklopte klapperroom of geroosterde klappervlokkies en sit voor.

cold brew
FOTO'S verskaf / vida e caffé

Proteïenskommel met 'n koffiegeur

Bestanddele

  • 120 ml vida e caffè- koue koffiedrankie in koffiegeur
  • ½ avokado
  • 1¼ koppie onversoete amandelmelk of volvet-klappermelk
  • ½ eetlepel klapperolie
  • 1 eetlepel kakaopoeier
  • ¼ teelepel fyn kaneel
  • 1 eetlepel heuning
  • ½ koppie ys (5 blokkies) 
  • 30 g Wazoogles Vanilla Sky-proteïenpoeier

Metode

Plaas al die bestanddele, behalwe die proteïenpoeier, in 'n elektriese menger en meng tot glad. Voeg die proteïenpoeier by en meng op die laagste stelling tot deeglik gemeng. Voeg nog heuning by na smaak.

cold brew
FOTO'S verskaf / vida e caffé

Franse roosterbrood met 'n vanieljekoffiegeur

Bestanddele
  • 1½ koppie vida e caffè- koue koffiedrankie in vanieljegeur
  • 3 eiers
  • 1 eetlepel esdoringstroop
  • 1 teelepel fyn kaneel
  • knippie sout
  • 4 snye brood van jou keuse
  • 30 g botter
  • piesang, sjokolade, room, spek of grondboontjiebotter, om voor te sit 

Metode

Breek 3 eiers in 'n mengbak en voeg die res van die bestanddele, behalwe die brood en botter, by. Meng deeglik tot glad. Doop 'n sny brood in die vloeistof om alkant te bedek. Verhit botter in 'n pan en braai die brood vir 2-3 minute aan elke kant. Herhaal met die res van die brood en beslag. Sit voor met piesang, sjokolade, room, spek of grondboontjiebotter.

cold brew
FOTO'S verskaf / vida e caffé

Rooivleismarinade met 'n koffiegeur

Bestanddele
  • 4 blikkies vida e caffè- koue, onversoete swart koffiedrankie
  • 2 koppies cabernet sauvignon
  • 8 salotte, geskil en gehalveer
  • 1 wortel, geskil en in kwarte gesny
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1 eetlepel wit miso-smeer
  • 1 vars lourierblaar
  • 4 takkies vars tiemie
  • 60 ml olyfolie

Metode

Plaas al die bestanddele in 'n groot mengbak. Laat bees- of kalfsvleis vir 6-12 uur in die mengsel marineer vir die beste resultate.

cold brew
FOTO'S verskaf / vida e caffé

Besoek vida e caffè vir meer inligting. Volg hulle op Facebook of Instagram, of skakel 021 461 0424.

cold brew