Gebruik die basiese bobotiemaalvleismengsel en maak frikkadelle daarmee. Dit bak vinniger gaar en smaak byna dieselfde.  

genoeg vir 4

  • 1 ui, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml kerriepoeier
  • 15 ml appelkooskonfyt
  • 30 ml blatjang
  • 25 ml bruin asyn
  • 15 ml borrie
  • 500 g maer beesmaalvleis
  • 100 ml amandelsplinters
  • 1 eier
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml olyfolie
  • 30 ml geroosterde masala
  • 1 x 410 g-blik klappermelk

Meng ui, knoffel, kerrie, appelkooskonfyt, blatjang, bruin asyn, borrie, maalvleis en amandels. Voeg eier by en meng deur. Geur goed met sout en peper. Vorm frikkadelle so groot soos jy verkies. Verhit olyfolie tot warm in braaipan. Pak frikkadelle 1-2 minute per kant of tot goudbruin. Voeg masala en klappermelk by. Meng deur en verlaag hitte tot stadige prut. Laat sous 10-12 minute prut of tot frikkadelle gaar is. Sit voor met rys en tamatieslaai.