8 porsies

Porsiegrootte: 1 snytjie tert

Kors

  • 125 ml (60 g) volkoringmeel
  • 125 ml (60 g) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • ½ ml sout
  • 50 ml olie
  • 75 ml kookwater
Vulsel
  • 200 g botterskorsie, geskil en in 1 cm-blokkies gesny
  • ½ middelslag-kop broccoli, in stukkies gebreek
  • 1 groot rooi soetrissie, ontpit en in repies gesny
  • 1 uitjie, in skyfies gesny
  • 75 g fetakaas, gekrummel
  • 1 ml sout na smaak
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 5 – 7 ml droë gemengde kruie
  • 300 ml ongegeurde, vetvrye jogurt
  • 3 ml mosterdpoeier (opsioneel)
  • 3 groot eiers, geklits
  • 10 ml gerasperde parmesaankaas

Kors

Meng al die bestanddele tot ’n nie-klewerige deeg en druk dit vas in ’n ronde, diep tertbord met ’n deursnee van 25 cm. Hou eenkant.

Vulsel

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botterskorsie met ’n bietjie kookwater in ’n groterige kastrol en laat vir 3 minute prut. Voeg broccoli, soetrissie en ui by en bring weer tot kookpunt. Laat vir 3 – 5 minute prut tot groente net gaar maar steeds bros is. Dreineer en skep in rou tertkors. Strooi fetakaas oor en geur met sout, swartpeper en gemengde kruie. Klits jogurt, mosterdpoeier en eiers saam. Giet oor die groentemengsel en strooi parmesaankaas oor. Bak vir 40 – 50 minute tot eiervla gestol is. Sit warm voor as ’n ligte hoofgereg.

Energie: 904 kJ

Koolhidrate: 19,1 g

Vet: 10,2 g

Glukemiese indeks: laag (51)