• 600 g boerbone 
  • 200 g mangetout-ertjies
  • 400 g vars ertjies (as jy nie vars ertjies in die hande kan kry nie, gebruik bevrore ertjies)
  • 100 ml verjuice
  • sout na smaak
  • 2 takkies vars vinkel, fyngekap
  • 1 lemoen, afgeskil en in dun skywe gesny

Bring ’n groot kastrol water tot kookpunt. Gooi die boerbone in en laat kook vir net 4 minute. Dreineer en laat koud word. Verwyder die bone uit die dop. Dit kan ’n tydjie neem, maar ek doen gewoonlik dié werkie voor die TV. As jy vars ertjies gebruik, kook dit vir so 3 minute. Meng die boerbone, lemoen, mangetout- en vars ertjies in ’n groot bak. Gooi die verjuice oor en meng goed deur. Wees net versigtig, die boerbone kan maklik breek. Geur met sout en sprinkel die vinkel oor.

Om te drink
Heerlik met rosé - 'n droë een. Probeer die Solms of Zorgvliet Silver Myn.