6 porsies

  1. 1 blik (410 g) fyngesnyde groenbone
  2. 1 blik (400 g) botterbone
  3. 1 blik artisjokke
  4. sap van halwe suurlemoen
  5. 125 ml olyfolie
  6. sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • Dreineer die bone in ’n vergiettes.
  • Sny die artisjokke in kwarte.
  • Meng die bone en artisjokke in ’n opdienbord.
  • Meng die olyfolie en suurlemoensap en gooi oor die slaai.
  • Geur met sout en swartpeper en laat marineer in die yskas vir minstens 30 minute voor jy dit voorsit.