• 500 g groenbone
  • 100 g parmesaankaas, gerasper
  • 100 g swart olywe
  • 3 huisies knoffel, fyngedruk
  • 100 ml olyfolie
  • 30 ml balsemasyn
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Dompel die groenbone in kookwater en laat kook vir 4 minute. Meng die olyfolie, balsemasyn en knoffel saam terwyl die boontjies kook. Dreineer die boontjies en gooi die bone in ’n groot bak terwyl dit nog warm is. Gooi onmiddellik die sous oor.  Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Ontpit die olywe en kap grof op.  Net voor jy die slaai voorsit, meng die parmesaankaas en olywe.