6 porsies

•     500 g botterskorsie-blokkies
•     3 takkies tiemie, fyngekap
•     2 knoffelhuisies, fyngekap
•     45 ml olyfolie
•     10 ml komyn
•     sout en varsgemaalde swartpeper
•     1 eier
•     500 ml koekmeel, plus ekstra?    vir uitrol
•     80 ml botter
•     100 g gevlokte amandels
•     12 salieblare (sage)

Verhit oond tot 200 °C. Plaas botterskorsie in oondroosterpan. Sprinkel tiemie, knoffel, olyfolie en komyn oor. Geur goed met sout en swartpeper.

Plaas in oond en bak vir 20 – 25 minute of tot sag en gaar. Druk fyn met aartappeldrukker. Voeg eier en meel by en meng tot stywe, hanteerbare deeg. Voeg nog meel by indien nodig. Deel deeg in 4. Strooi meel op jou werkoppervlak. Gebruik jou vingerpunte en rol deeg in lang silinders van sowat 2 cm dik uit.

Sny met ’n skerp mes in gnocchi-porsies van 2 cm elk. Bring water tot kookpunt in ’n groot pot. Voeg gnocchi by. Sodra dit dryf, is dit gaar. Dreineer en hou eenkant. Verhit botter in ’n middelslag-pan. Braai amandels in botter vir?5 – 8 minute of tot goudbruin.

Voeg gaar gnocchi en salie by. Braai vir ’n verdere 3 – 5 minute of tot geurig. Geur goed met sout en swartpeper.? Sit warm voor.