(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, grofgekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 500 g bevrore ertjies
  • 1 gerookte eisbein
  • 1 liter hoenderaftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 30 ml botter
  • 100 g vars ertjies, gedompel in kookwater
  • vars brood

Verhit olyfolie in 'n groot pot. Voeg ui en knoffel by. Braai liggies vir 5 minute of totdat dit begin verkleur. Voeg bevrore ertjies by en braai verder vir 5 minute, gevolg deur die eisbein en aftreksel. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 90 minute of totdat die vleis van die been begin loskom. As dit nodig is, gooi nog aftreksel by tydens die kookproses. Verwyder been uit die pot en gooi weg. Verwerk tot 'n gladde puree en geur met sout en peper. Voeg nog aftreksel by as dit te dik is. Smelt botter in braaipan en braai die vars ertjies vir 5 minute. Skep warm sop in bakkies, strooi gebraaide ertjies bo-oor en sit voor saam met vars brood. Kyk by jou naaste supermark vir gevulde pasta soos ravioli of tortellini. Gebruik dit pleks van penne-pasta om die sop nog geuriger en vullender te maak.

Wenk: As jy nie eisbein kan kry nie, gebruik sowat 100 g spek, grofgekap.