6 porsies

  • 2 preie, in skywe gesny
  • 30 ml olyfolie
  • 625 ml hoender-aftreksel
  • 625 ml melk
  • 300 g bronkors (3 pakke)
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die preie. Geur met sout en swartpeper. Verlaag die hitte, maak toe met deksel en laat braai vir nog 5 minute. Voeg die hoender-aftreksel en melk by en laat dit oor stadige hitte kook vir 10 minute. Voeg die bronkors by (hou so bietjie uit vir garnering) en laat oop kook vir 4-5 minute. Versap die sop in ’n versapper. Gooi terug in kastrol en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Garneer met die ekstra bronkors.


Om te drink
Ligte chenin blanc van Perdeberg of Ken Forrester