Vir 9 broodjies het jy nodig

  • 9 snye swart rogbrood
  • 250 g roomkaas
  • 12 snye komkommer
  • 200 g gerookte salmforel
  • 6 takke dille (jy kan meer of minder gebruik)

Kap die dille baie fyn en meng met die roomkaas. Smeer 3 snye brood met die roomkaas-en-dille-mengsel. Sit 4 stukkies komkommer op die eerste sny (onthou om die komkommer mooi dun te sny). Plaas die tweede sny brood met die roomkaas na onder bo-op die komkommer. Smeer nou weer die sny brood met roomkaas en sit ’n stukke salmforel bo-op. Draai die laaste sny brood om met die roomkaas na onder sodat dit op die salm is. Sny die broodjie in 3 en herhaal met die ander brood. Versier met ’n takkie dille.