(genoeg vir so 6 mans)

  • 6 snye ou witbrood, met korsies
  • 250ml melk
  • 2 eiers
  • knippie sout
  • 62,5ml (¼ koppie) suiker
  • 1 teelepel vanieljegeursel
  • 1 hand vol korente
  • sowat 10 teelepels appelkooskonfyt

Verflenter die brood en laat week in melk. Klits eiers, sout, suiker en vanieljegeursel saam. Voeg by brood. Gooi korente by. Gooi als in 'n platboompot. Blerts appelkooskonfyt bo-oor en smeer egalig. Sit pot op matige kole en sit 'n paar kole op die deksel. Laat loop vir so 'n uur.