genoeg vir 1 brood

  • 500 g koekmeel
  • 45 ml suiker
  • 10 g-sakkie kitsgis
  • 10 ml sout
  • 6 eiers
  • 250 g ongesoute botter, in klein blokkies gesny
  • vulsel van jou keuse

Plaas koekmeel, suiker, gis, sout en eiers in bak van elektriese menger. Gebruik die mengspaan (K-beater) en meng die beslag sowat 8 minute by mediumspoed totdat ’n stywe deeg vorm. Voeg botter bietjies-bietjies by tot alles goed gemeng is. Die beslag sal ’n gladde voorkoms hê. Plaas deeg in bak wat met olie gesmeer is. Bedek met kleefplastiek en laat rus oornag in yskas. Spuit ’n Bundtpan met ’n volume van 2 liter goed met kleefwerende kossproei. Vorm koue deeg in ring en plaas in patroonpan. Druk stewig vas. Maak pan toe met kleefplastiek en laat rys deeg op warm plek tot dubbel die volume – omdat die deeg koud is, kan dit tot 1 uur duur. Verhit oond tot 180 °C. Bak brioche vir 30-35 minute of tot goudbruin en gaar. Keer uit en laat afkoel. Sny oorlangs in die helfte en vul met iets van jou keuse, soos kouevleis, slaai en mayonnaise. Sit voor.