(sowat 10 frikkadelletjies)

  •  ½ ui, fyngekap
  • 1 eier
  • hand vol vars broodkrummels
  • 5 ml korrelmosterd
  • 100 g parmasaankaas, gerasper
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 ml fyn neut
  • 1 kg maalvleis
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Meng al die bogenoemde bestanddele goed saam. Plaas die mengsel eers in die yskas vir minstens 30 minute. Vorm die frikkadelletjies met jou hande en plaas dit op ’n bakplaat. Wanneer die kole reg is, kan jy begin braai. Onthou, party mense hou van hul burgers nog pienk in die middel. So, vra elkeen hoe hulle daarvan hou. As jou kole te warm is, sal dit brand aan die buitekant en nog rou in die middel wees.


Sit voor saam met
Rooster snye ciabata-brood op die rooster. Plaas die burgers bo-op die geroosterde brood en sit voor met 'n groot lepel tzatziki bo-op en vars bronkors (watercress). Sprinkel nog olyfolie oor indien nodig. Koop jou tzatziki by jou gusnteling-deli of -supermark. Vars klein tamaties en fetakaas is ook heerlik hierby.


Om te drink

Rooiwyn is net die regte ding - Beyerskloof Pinotage