(4 - 6 porsies)

  • 45 ml botter
  • ½ Franse brood, in dun snye gesny
  • 15 ml sonneblomolie
  • 1 Kasseler-tjop of 150 g dik spek, in blokkies gesny
  • 1 kop langblaarslaai (cos lettuce)
  • 50 g parmesaan-krulle
  • sout en varsgemaalde swartpeper slaaisous
  • 2 eiergele
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 5 ansjovis-filette
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 80 ml sonneblomolie
  • 80 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Gooi al die bestanddele vir die slaaisous in 'n mengbak en verwerk teen hoë spoed met 'n stokmenger (stick blender) of in jou voedselverwerker tot 'n gladde mengsel. Geur goed met sout en swartpeper.Hou eenkant. Verhit botter oor lae hitte tot warm in 'n mediumgroot braaipan. Braai brood in warm botter tot goudbruin en bros, sowat 2 - 3 minute aan 'n kant. Verwyder brood uit pan. Gooi sonneblomolie in pan en braai spekblokkies vir sowat 5 - 8 minute of tot bros. Plaas slaaiblare op 'n opdienbord. Skep gaar spek en brood op blare gevolg deur parmesaan-krulle. Sprinkel sous oor en geur verder met sout en swartpeper.

Wenk: Om parmesaan-krulle te maak trek jy 'n groenteskiller oor die kaas. Maak dit net voor jy opdien, anders sweet die krulle en proe
dit nie so lekker nie. Pecorino is 'n goedkoper alternatief vir parmesaan.