(6 porsies)

  • 1 klein Franse brood, in ringe gesny
  • 12 repies pancetta (Italiaanse spek)
  • 4 crottin-bokmelkkaas, oorlangs gehalveer
  • 200 g langblaarslaai (cos lettuce)

Slaaisous

  • 1 eiergeel
  • 4 ansjovis-filette
  • 2 knoffelhuisies
  • 125 ml olyfolie
  • sap en gerasperde skil van een suurlemoen
  • 1 hand vol pietersielie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Draai snye baguette in pancetta toe en plaas op oondroosterplaat. Bak 10 – 15 minute of tot goudbruin en bros. Slaaisous Terwyl broodjies bak, meng eiergeel, ansjovis en knoffel in
klein mengbak. Gebruik ’n elektriese handmenger en klits terwyl olyfolie stadig bygegooi word. Hou aan klits tot ’n dik, romerige sous. Voeg sap en skil van suurlemoen by.Verdun tot loperige sous met klein bietjie water. Geur goed met pietersielie, sout en swartpeper. Sodra broodjies uit oond kom, verhit
oondrooster tot vuurwarm. Plaas crottin-kaas met gesnyde kante na bo op bakplaat en rooster vir 5 minute in oond tot sag en begin verbruin. Plaas slaaiblare in slaaibak. Pak warm roosterbroodjies op slaaiblare. Rangskik warm kaas op slaai. Sit voor met slaaisous.