(4-6 porsies)

  • 2 blaarslaaie
  • brood vir croutons
  • 120 ml sonneblomolie (vir die croutons - nie die sous nie)
  • 2 huisies knoffel, fyngekap
  • 2 eiers
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 120 ml olyfolie
  • 60 ml suurlemoensap
  • 250 g gerasperde parmesaankaas
  • 8 ansjovisfilette

Maak eers die croutons: Sny die brood in blokkies. Verhit die sonneblomolie en braai brood weerskante tot mooi bruin. Dreineer op kombuispapier. Bring water tot kookpunt in ’n kastrolletjie. Plaas die eiers versigtig in die kookwater en laat kook vir 10 sekondes. Haal uit en hou eenkant. Breek die blaarslaai in groot stukke in ’n slaaibak. Meng die parmesaankaas en ansjovisfilette deur die blare. Breek die eiers in ’n bakkie en voeg die olyfolie, suurlemoensap en knoffel by. Geur met sout en swartpeper en klits goed. Meng die sous deur die blare en voeg croutons by. Sit onmiddellik voor, want die blare kan baie vinnig sag word.