(1 – 2 PORSIES)
20 MINUTE

  • 2 snye brood van jou keuse, in growwe stukke gebreek
  • 2 eiers
  • 60 ml botter
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 hoenderborsies, in repe gesny
  • 120 g kassler-tjops (gerookte varktjops), in blokkies gesny
  • 100 g langblaarslaai (cos lettuce)
  • 80 ml romerige slaaisous van jou keuse
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit roosterelement. Plaas broodstukke op bakplaat en rooster tot goudbruin – sowat 2 – 3 minute. Bring water tot kookpunt in ’n pot. Sit eiers in en kook vir 5 minute vir sag of langer soos jy verkies. Dreineer en dop af. Verhit botter in pan. Voeg knoffel en hoender by. Braai vir 5 – 8 minute of tot goudbruin en gaar. Verwyder uit pan, voeg kassler-blokkies by en braai vir 5 minute. Hou eenkant. Plaas blaarslaai op opdienbord en sprinkel gaar hoender en kassler-blokkies bo-oor. Halveer eiers en plaas op slaai. Sprinkel brood oor saam met slaaisous. Geur goed met sout en swartpeper.