Die klassieke Italiaanse slaai van tamatie en mozzarella is die inspirasie vir dié heerlike hoendergereg. En jy benodig net 7 bestanddele. 

Genoeg vir 4

1. 1 heel hoender, rugbeen losgeknip en platgedruk

2. 800 g kersietamaties

3. 4 knoffelhuisies, gekap

4. 500 ml hoenderaftreksel

5. 100 g botter, gesmelt

6. 1 hand vol basilieblare

7. 400 g mozzarellakaas, in skywe gesny

+ olyfolie, sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 220 °C. Gebruik ’n skerp mes en maak diep snye in die borsies, dye en boudjies van die hoender – dit help dat die hoender gouer gaar word. Plaas tamatie, knoffel en aftreksel in oondroosterpan, met hoender bo-op. Sprinkel ’n bietjie olyfolie oor die hoender en gooi dan gesmelte botter oor. Geur goed met sout en peper. Plaas in warm oond en rooster vir 25 minute of tot hoender begin verbruin. Haal uit oond en voeg basilie by. Pak skywe mozzarellakaas in tamatiemengsel. Bak nog 5 minute. Sit warm voor.

Vir nog heerlike resepte, kosstories en feestelikheid koop die nuwe SARIE KOS Winter.

KRY JOU NUWE SARIE KOS ÉN ’N STYLVOLLE VOORSKOOT!

Ja, SARIE KOS Winter is nou te kry! Dié uitgawe vier SARIE se 70ste verjaardag met 70 resepte, elk met 7 bestanddele vir elke dekade van SARIE-inspirasie. En wees op die uitkyk vir die spesiale eksemplare met een van twee stylvolle SARIE KOS-voorskote – deel van ’n beperkte oplaag met sy eie prys.

FOTO Willem Lourens (modelle)