(6 porsies)

  • 7 Italiaanse tamaties
  • 250 g parmaham
  • 45 ml olyfolie
  • 30 ml tiemie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 ml balsemasyn
  • 30 ml bruinsuiker
  • 15 ml heuning
  • 100 g bronkors (watercress)
  • 3 groot balle vars mozzarella
  • 120 g basiliepesto
  • hand vol (30 g) vars basieliekruid

Verhit oond tot 180 °C. Sny onderkant van tamatie af en draai elke tamatie in ham toe. Plaas op oondroosterpan. Sprinkel olyfolie, tiemie, sout en swartpeper oor. Plaas in oond en rooster vir 45 – 60 minute of tot tamaties sag en spek bros is. Terwyl tamaties rooster, plaas asyn, bruinsuiker en heuning in ’n klein potjie. Bring tot kookpunt. Laat kook vir 10 – 15 minute of tot met helfte verminder. Plaas bronkors op vlak skottel. Pak warm tamaties bo-op. Breek mozzarella in kleiner stukke en strooi oor slaai. Skep basiliepesto oor. Sprinkel vars basiliekruidblare oor en skep balsemasyn-sous oor. Sit voor