(sowat 16 empanadas)

Deeg

  • 450 g (800 ml) koekmeel
  • 2 ml sout
  • 240 g (260 ml) botter
  • 60 – 90 ml koue water

Plaas die meel, sout en botter in jou voedselverwerker. Meng tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die water bietjie vir bietjie by tot ’n stywe deeg vorm. Maak die deeg toe met kleefplastiek en plaas in die yskas vir minstens 30 minute.

Vulsel

  • 15 ml olyfolie
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 3 sprietuie, gekap
  • 1 chorizo-wors, in klein blokkies gesny
  • 1 blik gekapte tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 80 g cheddarkaas, gerasper
  • 1 eier, geklits

Verhit die olyfolie in ’n pan. Voeg die knoffel, sprietuie en chorizo by. Braai vir so 5 minute. Voeg die geblikte tamaties by. Geur met sout en swartpeper. Laat oop kook tot die sous verdik. Skep uit in ’n bakkie en laat afkoel. Voeg die gerasperde cheddarkaas by. Verhit jou oond tot 180 ºC. Rol die deeg dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Druk sirkels van so 8 – 10 cm uit. Smeer die rand van elke sirkel met geklitste eier. Skep ’n groot teelepelvol van die vulsel op die een helfte van elke sirkel. Vou die deeg toe sodat dit soos ’n halfmaan lyk. Plaas die pasteitjies op ’n gesmeerde bakplaat en smeer elkeen met geklitste eier. Bak vir 25 – 30 minute. Sit warm voor.

Om te drink 
Lus vir witwyn? Kies dan ’n sauvignon blanc; so nie, ’n vrugtige merlot.