(8 porsies)

  • 60 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 bottel (810 g) suurkool
  • 1 ui, met naeltjies ingedruk
  • 450 g Kasselse rib
  • 2 wortels, gekap
  • 8 jenewerbessies
  • 2 lourierblare
  • 3 gerookte varkrepies
  • 200 ml witwyn
  • 8 aartappels, geskil
  • 8 varkworsies
  • 6 frankfurters

Verhit die oond tot 190 ºC. Smelt die botter in 'n kasserolpot. Voeg die ui en knoffel by. Verwyder die helfte en hou eenkant. Voeg die helfte van die suurkool by en sit die heel ui met naeltjies bo-op. Sit die Kasselse rib bo-op en pak die wortels, jenewerbessies en lourierblare bo-op. Geur met sout en swartpeper. Voeg nou die res van die ui en die res van die suurkool by. Sit die varkrepies bo-op en gooi die witwyn en 100 ml water oor. Bedek en kook in die oond vir 2½ uur. Kyk ná 1 uur of jy nog water nodig het. Voeg aartappels by en kook vir so 30 - 40 minute tot gaar. Kook die varkworsies in kookwater, voeg die frankfurters by en kook vir nog 5 minute. Hou eenkant warm. Verwyder die heel ui met naeltjies. Sny al jou vleis en worse in porsies en rangskik alles op ’n groot opdienbord.