2kg konfyttamaties in lengte deur gesny
2 takkies roosmaryn
1 knoffel – huisies skoongemaak en in kwarte gesny
125 ml olyfolie
2 uie fyngekap
25ml bruinsuiker
2 brandrissies fyn gekap
1 selderystingel fyn gekap
Sout en peper na smaak

Metode:

Druk ‘n kwart stukkie knoffel in elke tamatie en plaas in ‘n oondpan.
Gooi olyfolie oor en plaas roosmaryn takkies ook in pan.
Bak in die oond vir ongeveerd 1 uur teen 150°C.
Laat die tamaties effens afkoel en trek die skilletjies af
Gooi die olyfolie waarin die tamaties gebak is en bruinsuiker in ‘n kastrol en braai die uie, seldery en brandrissie daarin in tot gekarameliseer.
Gooi nou die tamaties, sout en peper by en braai vir ongeveerd 10 na 15 minute oor matige hitte.

Gebruike:

1.    Vir tamatiesop, plaas tamatiesmoor in ‘n voedselverwerker en gooi ‘n bietjie suuroom en fyn gekapte pietersielie oor.
2.    Saam met pasta gooi ek 1 lepel kappertjiesaad, 2 lepels gekapte olywe en 1 blikkie gekapte anchovette by.
3.    Die basiese resep gebruik ek gewoonlik net so by ‘n braaivleis saam met pap in enige vorm of oor kapokaartappels en frikkadelle.