(genoeg vir 4 manne)

  • sowat 30ml olyfolie
  • 500g repiespek (streaky bacon), in blokkies gesny
  • 2 groot uie, grofgekap
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 4 blikke (400g elk) borlotti-bone, gedreineer
  • 3 blikke (400g elk) gekapte tamatie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 5ml gemengde droë kruie
  • 5ml droë brandrissievlokkies (opsioneel)
  • 1 bierblik vol rooiwyn

Wanneer jou kole reg is, verhit jy die olyfolie in 'n groot pan of kastrol. Braai die spek tot lekker bros. Voeg uie en knoffel by en braai verder vir sowat 5 minute. Voeg bone en tamaties by. Geur met sout, swartpeper en gemengde kruie. As jy 'n bietjie skop wil hê, kan jy ook droë brandrissie-vlokkies byvoeg. Vul 'n leë bierblikkie met wyn en voeg by. Die gereg kan vir minstens 1¼ uur prut. As jy sien dit wil droogkook, voeg jy sommer nog 'n bietjie rooiwyn by.