6 porsies

  • 3 eiers
  • 100 g strooisuiker
  • 100 g Mascarpone-kaas
  • 30 ml brandewyn

Klits die eiers en voeg die strooisuiker bietjie vir bietjie by. Die kleur sal ligter word en die tekstuur dikker. Klits die Mascarpone en brandewyn by. Plaas in ‘n groot bak en laat staan in die yskas vir 2 uur voor bediening. Roer dit deur voordat jy dit in klein bakkies skep. Sit voor met vars vrugte van jou keuse.