(6 porsies)

  • 4 eiergele
  • 40 ml suiker
  • 1 vanieljepeul/5 ml vanieljegeursel
  • 250 ml room
  • strooisuiker om bo-op elke bakkie te strooi

Klits eiergele en voeg suiker bietjie vir bietjie by. Klits tot lig van kleur en dik. Sny vanieljepeul oop en krap sade met ‘n mes uit. Roer room by. Sit ramekins (klein wit bakkies met ’n riffelkant) in ’n groot oondbak met water. Gooi eiermengsel in bakkies en plaas in warm oond teen 180°C vir 20 minute. Haal uit oond en laat afkoel voor jy dit in die yskas sit. Laat staan vir minstens 2 uur of oornag. So ’n uur voor bediening, strooi ’n dun lagie strooisuiker oor en karamelliseer met ’n gasbrander. Jy kan die bakkies ook onder die roosterelement van jou oond sit tot die suiker gesmelt is en ’n lagie karamel bo-op vorm. Laat die karamel koud word voor jy dit voorsit.