4 porsies

  • 4 croissants
  • 100 g gemaalde amandels
  • 70 g sagte botter
  • 60 ml strooisuiker
  • 100 g amandelvlokkies
  • versiersuiker, om oor te sif

Verhit oond tot 180 °C. Sny croissants oop. Meng gemaalde amandels, botter en suiker tot ’n gladde pasta. Smeer die onderste helfte van elke croissant met die amandelpasta. Hou ’n klein bietjie uit om elkeen bo-op ook te smeer. Maak croissants toe en smeer ’n klein bietjie amandelpasta bo-op. Sprinkel amandelvlokkies oor en bak vir 15 minute. Haal uit en laat effens afkoel voor jy versiersuiker bo-oor sif.