(6 porsies)

  • 4 eiergele
  • 8 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 3 ml sout
  • 30 ml suurlemoensap
  • 500 ml olyfolie

Sit die eiergele, knoffel, sout en helfte van die suurlemoensap in jou voedselverwerker. Meng die bestanddele tot glad en romerig. Voeg die olyfolie druppel vir druppel by terwyl die bestanddele meng. Dit gaan ’n rukkie duur, maar met ’n voedselverwerker staan jy darem nie self en klits nie. Wanneer al die olyfolie bygevoeg is, sal die mengsel dik en romerig wees. Geur met die res van die suurlemoensap en sout. Sit voor saam met vars groente van jou keuse.

Slim wenk
As die aïoli te ryk is vir jou, voeg so 3 eetlepels mayonnaise by.