Ek is mal oor dadels in enige vorm (ook een van die groot trends van 2018!), maar hierdie balletjies met die ligte rum-skop is buitengewoon lekker.

Genoeg vir 40 balletjies

250 ml klapper plus ekstra vir rol
4 x 250 g-pakkies ontpitte dadels
80 ml rum
45 ml lemoensap
skil van een lemoen
750 ml gepofte rys

Meng die klapper, dadels, rum, en lemoensap en -skil in ’n voedselverwerker tot ’n growwe mengsel vorm. Skep in groot mengbak en roer gepofte rys by. Rol klein balletjies van die mengsel en rol in ekstra klapper. Sit voor.

Wenk

Vir ekstra geur kan jy die klapper eers ’n paar minute goudbruin oondrooster by 180 °C voor jy dit in die resep gebruik.