• 1 kg koppe en ruggrate van vis wat jy in sop gebruik
  • 500 ml droe¨ witwyn
  • 1 medium ui, opgesny
  • 15 ml gekapte wortel
  • 15 ml fyngekapte wit kant van 'n prei
  • 1 lourierblaar
  • 1 takkie pietersielie
  • 1 naeltjie

Sit die visruggrate en -koppe in 'n pot en voeg wyn by, asook 1 liter water. Bring tot kookpunt en skep die skuim af. Voeg die groente en geurmiddels by en kook vir 30 minute tot 1 uur - hoe langer, hoe meer gekonsentreerd is die geur. Gooi deur 'n sif.