• sowat 50 ml olyfolie
  • 2 pakke hoenderboudjies en hoenderdye (8 stukke elk)
  • 250 g strepiespek, in blokkies gesny
  • 250 ml hoenderaftreksel
  • 4 velle blaardeeg
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 180 °C. Gooi die olyfolie in ’n groot kasserolpot. Verbruin die hoender en spek in die kasserol. Voeg die hoenderaftreksel by en geur met sout en peper. Sit die deksel op en bak vir ongeveer 1 uur. Laat die vleis eers ’n bietjie afkoel voor jy die hoender van die bene afhaal. Breek die hoender in stukke en meng met die sous. Daar moet heelwat sous wees, anders gaan die pasteie te droog wees. As die sous te loperig is, meng 1 eetlepel meel met ’n bietjie water en verdik die sous. Laat heeltemal koud word - jy kan nie die hoendervulsel warm in die tertdeeg sit nie. Rol die deeg dunner en druk met ’n uitdrukker die regte grootte vir die muffinpanne uit. Ek maak die deegsirkels effens groter sodat jy die doppie met ’n vurk kan platdruk langs die kante. Skep die hoendervulsel in, verf die rand van die deeg met geklitste eier en maak toe met die deegdoppie. Verf die deeg met geklitste eier en bak vir 20-30 minute teen 200 °C tot mooi goudbruin.

Haal die pasteie uit die muffinpanne en plaas op ’n bakplaat - wees versigtig, dis nou baie warm - en bak verder vir 5 minute. Dit sal sorg dat die deeg onder lekker bros en bruin word.

Wat kan jy al die vorige dag maak?

Dís die redes hoekom ek daarvan hou om Sondae familie en vriende te onthaal. Die hoender kan al die vorige dag ontbeen en gestop word. Bedek met kleefplastiek en hou in die yskas. Die volgende dag geur jy die hoender verder voor jy dit in die oond plaas. Die hoenderpastei kan jy ook die vorige dag maak. Hou in die yskas en smeer die volgende dag die deeg met geklitste eier en plaas dan in die oond.