genoeg vir 10

  • 3 x 170 g-bakkies aspersies
  • 250 g ertjies
  • 2 x 100 g-stafies bokmelkkaas
  • 100 g poeierbiltong
  • 400 g aarbeie, stingels afgesny en gehalveer
  • 1 hand vol ertjiespruite of enige spruite van jou keuse

SLAAISOUS

  • 60 ml heuning
  • 45 ml korrelmosterd
  • 250 ml ongegeurde jogurt
  • 80 ml witwynasyn

Dompel aspersies vir 1 minuut in pot met kokende water. Skep aspersies uit en hou eenkant. Gooi ertjies in dieselfde water en kook vir 1 minuut. Dreineer. Maak vingerpunte nat en breek bokmelkkaas in klein stukkies. Rol in balletjies. Rol nou balletjies in biltong tot dit reg rondom bedek is. Plaas aspersies en ertjies op slaaibord, met aarbeie en ertjiespruite bo-op. Pak kaasballe tussenin. Meng alles vir die slaaisous saam. Skep lepels vol sous oor slaai net voor jy dit voorsit.