FOTO Donna Lewis

GENOEG VIR 1 TERT

• 250 g (270 ml) sagte botter
• 300 g (535 ml) koekmeel, plus ekstra
• 240 g (285 ml) strooisuiker
• 10 ml bakpoeier
• 30 ml kakao plus ekstra vir oorsif
• 1 ml sout
• 2 eiers, geklits 

VULSEL 

• 110 g (195 ml) koekmeel
• 30 ml kakao
• 250 g (295 ml) strooisuiker
• 4 eiergele
• 5 ml vanieljegeursel
• 1 liter melk
• donkersjokoladesous van jou keuse

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter, meel, suiker, bakpoeier, kakao en sout in voedselverwerker en meng by hoë spoed. Voeg eier by terwyl menger loop en meng tot ’n deegbal vorm. Plaas vir 20 minute in yskas. Verdeel deeg in 7 ewe groot porsies. Spuit 8 velle bakpapier goed met kleefwerende kossproei. Plaas eerste deegbal op ’n vel papier en besprinkel goed met meel. Plaas nog bakpapier boop en rol sirkel van 5 mm dik uit. Verwyder boonste papier en plaas papier met deeg op bakplaat. Bak 8 – 10 minute of tot goudbruin. Herhaal met res van deeg. Vulsel Klits meel, kakao, suiker, eiergele en vanielje saam in mengbak. Bring melk tot kookpunt en gooi oor eiergeelmengsel terwyl jy roer. Gooi terug in pot en roer met draadklitser oor lae hitte tot dit verdik. Laat kook so 5 minute. Haal af van plaat en plaas kleefplastiek direk op gaar mengsel. Laat afkoel. Verwyder plastiek en skep mengsel in spuitsak met 1 cmtuit. Sit eerste gaar koekie-sirkel op bord, spuit vulsel in spiraal bo-op en plaas tweede sirkel bo-op. Herhaal tot al die sirkels en vulsel op is. Gooi sjokoladesous van jou keuse oor en sif kakao oor.