FOTO: Willem Lourens

genoeg vir 4

100 g (120 ml) botter
1 liter melk
500 ml hoenderaftreksel
250 ml room
500 g pasta (macaroni of skroewe)
400 g sterk cheddarkaas, gerasper

Verhit oond se rooster-element. Verhit botter, melk, aftreksel en room tot kookpunt in ’n groot kastrol. Roer goed met ballonklitser tot botter gesmelt het (moenie bekommerd wees as die mengsel dalk skif nie – klits dit net vinniger sodat dit weer bymekaarkom). Voeg die pasta by en verlaag hitte tot matig. Roer nou en dan met houtlepel. Prut sowat 15 minute tot pasta gaar is. Voeg helfte van kaas by pasta en roer goed deur. Sprinkel res van kaas bo-oor en plaas onder warm rooster-element tot bros en goudbruin. Sit warm voor.