genoeg vir 4

  • 1 ui, gekap
  • 500 g beesmaalvleis
  • 2 wortels, geskil en gerasper
  • 2 x 410 g-blikke gekapte tamaties
  • 80 g spinasieblare, goed afgespoel en gesny
  • 250 ml rou langkorrelrys 
  • 1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer
  • olyfolie, sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit bietjie olyfolie tot warm in groot pot. Voeg ui by en braai vir 1 minuut. Voeg maalvleis by en roerbraai verder vir 5 minute of tot maalvleis korrelagtige tekstuur het. Voeg res van bestanddele by en meng goed deur. Gooi 350 ml kookwater by. Geur goed met sout en peper. Verlaag hitte en laat stadig prut tot rys gaar is terwyl jy af en toe roer, sowat 20-25 minute. Sit voor met snye roosterbrood en ongegeurde jogurt.