(6 porsies)

  • 6 hardgekookte eiers
  • 250 ml basiliekruid
  • 30 ml dennepitte
  • 120 ml olyfolie
  • 50 ml gerasperde
  • Parmesaan-kaas
  • 1 huisie fyngedrukte knoffel
  • sout (1 ml) en varsgemaalde swartpeper

Kap die basiliekruid in ’n voedselverwerker fyn. Voeg dennepitte, knoffel en Parmesaan-kaas by. Meng die olyfolie lepel vir lepel by. Geur met sout en peper. Sny die eiers in die helfte, skep ’n groot eetlepel pesto bo-op en sit voor met vars roket.

Om te drink
'n Geurige sauvignon blanc: Neil Ellis en Thelema. Vrugtige rooi wyn pas by varkvleis. Springfield Whole Berry is 'n unieke cabernet sauvignon.