Dié Britse lekkerte is elke winter op die spyskaart! Gebruik sommer bevrore ertjies

(4 – 6 porsies)

  • 60 ml botter
  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 500 g bevrore ertjies
  • 2 aartappels, geskil en grofgekap
  • 750 ml hoenderaftreksel
  • 250 ml room
  • hand vol pietersielie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit botter en olyfolie in ’n middelslag-pot. Voeg ui, knoffel en ertjies by. Braai vinnig vir 5 – 8 minute of tot ui begin verbruin. Voeg aartappels en hoenderaftreksel by. Verlaag hitte en laat stadig kook vir sowat 15 minute tot aartappels sag en gaar is. Voeg room en pietersielie by en bring tot kookpunt. Verwerk mengsel in voedselverwerker tot gladde puree.Geur goed met sout en swartpeper.