(6 porsies)

  • 10 ml fyn komyn
  • 10 ml paprika
  • 500 g beesfilet
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 6 groot rosa-tamaties
  • 200 g baba-spinasieblare
  • 4 gekookte mielies
  • 250 g fetakaas
  • lemmetjies, om saam voor te sit

Verhit oond tot 180 °C. Meng komyn en paprika. Smeer mengsel oor filet en laat staan vir sowat 10 minute. Gooi helfte van olyfolie oor filet en geur met sout en swartpeper. Verhit
’n swaarboompan en braai filet regom tot net bruin. Plaas filet vir 20 minute in die oond. Haal uit en laat rus vir minstens 10 minute voor jy dit in skywe van so 1 cm sny.Terwyl filet in die
oond is, halveer die tamaties en plaas in ’n oondbak. Besprinkel met res van olyfolie en geur met sout en swartpeper. Rooster vir sowat 15 minute. Plaas spinasie in ’n groot slaaibak.
Sny mieliepitte van stronke af. Rangskik filetskywe, tamatiehelftes en mieliepitte bo-op spinasie. Krummel fetakaas oor en sit voor met gehalveerde lemmetjies.

Om te drink
Oranjerivier Wynkelders Shiraz