GENOEG VIR 6

• 4 soetpatats (sowat 600 g)

• 2 knoffelhuisies, gekap

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 20 ml heel koljander

• 700 g forelfilet, vel verwyder

• 45 ml olyfolie

• 80 g baba-slaaiblare

• 8 radyse, in skywe gesny

• sap van 1 suurlemoen

Verhit oond tot 180C. Gebruik mandolien en sny patats in skywe van 3 mm dik. Pak skywe in oondbak, sprinkel knoffel oor en geur met sout en peper. Plaas koljander in braaipan en roerbraai 2 minute of tot geurig. Stamp met stamper fyn in vysel. Sprinkel . van koljander oor patats en plaas vis bo-op. Geur vis met sout en peper. Sprinkel oorblywende koljander en olyfolie oor. Bak gereg 20 – 25 minute of tot vis en patat gaar is. Meng slaaiblare en radyse. Druk suurlemoensap oor. Pak op opdienbord. Skep gaar vis en patats bo-op. Sit voor.