• 1 bottel (750 ml) rosé-vonkelwyn of bessiesap as alternatief
  • 30 ml gelatien
  • 400 g frambose
  • 100 ml strooisuiker

Sit gelatien in ’n bakkie en sprinkel koue water oor. Smelt die gelatien oor ’n klein kastrolletjie met kookwater. Gooi die vonkelwyn in ’n groot bak en voeg die suiker by. Maak seker dat die vonkelwyn kamertemperatuur is. Voeg dan die gesmelte gelatien by. Plaas die bak in die yskas net tot die mengsel aan die kante wil begin stol. Kry nou ’n geskikte vorm en spuit met Spray & Cook. Voeg die frambose by die vonkelwyn en gooi in die vorm. Plaas in yskas en laat stol. Wanneer dit gestol is, dompel dit vinnig
in warm water en keer uit.